GAWIE – “SO ONTHOU ONS JOU”

Matzikama firm, Namaqua Engineering, ushering South African engineering into the spotlight with SKA
October 19, 2016

GAWIE – “SO ONTHOU ONS JOU”

GAWIE VAN PAPENDORP

11/07/2013 – 24/02/2017
NAMAQUA ENGINEERING

03/03/201

Ek sal jou altyd onthou as die vriendelike jong man wat my altyd met ’n glimlag gegroet het, maak nie saak waar nie.
Altyd beleef, ywerig en behulpsaam. Ek het dit erg waardeer en geniet wanneer jy my met my houtwerk gehelp het. Daar is maar min manne wat ordentlik met hout kan werk, wat nog te sê ’n passie daarvoor het.
In ons werk was hy getrou, ywerig om te leer en ’n voorbeeld vir ons almal. Ek was altyd trots om te kon sê, Gawie werk by Namaqua Engineering, want dit is hoe ek wil hê ons in die gemeenskap gesien moet word. Wat ’n voorreg om ’n deel van ons lewens met hom te kon deel.
Ek sal hom mis, want hy was deel van my Namaqua Engineering-familie. Ons het meer tyd met hom gedeel as sy vrou, Rietjie.
Vat dit rustig daar waar jy nou is, my vriend, jy sal altyd in ons gedagtes voortleef.
NS. Kan jy asseblief, saam met die Hemelse Vader, na ons afloer (wanneer julle tyd het natuurlik) en saam oor ons manne wag hou. Ek sal dit nogals baie waardeer, ou Gawie !!

Groete,
Stokkies

_____________________________________________________________________

Gawie,

Dankie Gawie vir die vier jaar se diens by Namaqua Engineering.
Dankie dat jy altyd vriendelik was en altyd goeie maniere en respek uitgeleef het. Rus in vrede tot ons eendag weer sien.

Groete,
Hentie & Namaqua Engineering Span

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

one + 12 =